
Al wat oorgebly het van die verwagte reen in Kaapland is die paar vogdraende wolkies wat deurglip Ooskus toe en pragtige rooi maar leeg is die wolke wat deur die warm Atlantiese hoogdruk gestuit word.
Die reën wat weerhaan verlede week sien kom, is maar swakkerig in die suide en suidwestelike gebiede van die land. Mens kan maar net hoop die bietjie bietjie wat aan die Natalse kus kan uitsak, verhang die krieketbordjies daar.
Die huidige toestand in die bolug is na mening, tipies van die onstabiliteit wat met die vermeende klimaatsverandering gepaard gaan. Dit bevestig die sewe maer jare wat voorlê.
Dit laat mens bekommerd voel, veral ons ouens wat soggens vroeg met die skertjie en die vurkie die tuinwerk so geniet; wat sal tog van ons tuintjie word?
Dit kan g’n mens voorspel nie; net raad gee en sê die maan, wat tans die vlieg in die salf is daar in die lug, moet dopgehou word. Ons kan hom nie in sy gang pooitjie maar by hom aanpas in sy eerste kwartier tot hy op 26 November vol is.
Vir die plantewereld beteken dat ‘n blaaskansie het van sy aantrekkingskrag. Vir die meeste tuinmakers is dit nou saai en plant tyd vir die grootblaarplante. Ons het die afgelope week die ouerplante mooi reggeknip en moet hulle nou soggens (eerste ding) water gee om die groei te stimuleer.

Janneman my liefdevolle akkedis lek sy lippe af en soek nog vlieggies uit die vliegskerm in die kombuis.
Hou by hierdie program tot die maan sy volle eerste kwartier op 19 November bereik en dan kan ons na harterlus, blomme, rankgoed, vrugte en nog wat in die grond sit, goed kompos inwerk en soggens natmaan.
Dit is hierdietyd van die jaar dat mens diep onder die indruk van die skepping kom en die geleentheid kry om vir jouself te vra hoe kan ek help om nie die planeet te plunder nie, maar met hierdie rubriek saamwerk om te leer wat om te doen te beskerm en te bewaar.
Om in die doel te slaag moet ons eerstens leer om alles wat ons het met liefde te hanteer. Vertroetel en bederf jou plante.

En praat van terugveg teen aardverhitting: Hierdie ui het in ‘n dooie hoekie van ‘n tuintjie digby Stellenbosch opgeslaan en met bietjie liefde langer as graafhoogte uitgskiet. Saadkenners staan nou tou vir sy saad. Dit is waarom sy baas anoniem wil bly.
Liefde vir hulle leer ons by die lyftaal van die voëls van die hemel. Die outjies wil ook ons vriende wees maar ons verskree hulle. Onthou hulle hou ons ook dop en sal gou sien wanneer jy omgee en nader aan jou kom, ja selfs in die huis kom rondstap omdat hulle weet jy is nie hul vyand nie.
Selfs die akkedissies in die tuin staan nader soos Janneman, my outjie onder die spinasie groeikas. Hy kry al die vlieë wat deur die elektriese net in die kombujs vlieg en skoppende in ‘n bakkie val. Dit word dan vir Janneman uitgesit.
Liefde is nie verniet die grootste gebod nie. Hou net in gedagte dat kinders rein, onskuldig en liefdevol gebore word, maar dat die wereld nie ‘n liefdevolle plek is nie omdat ons hom so gemaak het. Met liefde kan ons groot dade in plaas van groot skade verrig.
Leave a Reply or Follow